Lukas 18:16

“Laat die kindertjies na My toe kom”

Jeugdevolle vreugde

Ons bedien kinders van alle ouderdomme

God sien kinders raak en vir Hom is hulle baie belangrik. Daarom is kinders ook vir Beginet een van die belangrike rolspelers in die gesin.

Matteus 18 vermeld ’n geleentheid toe Jesus se dissipels Hom gevra het: “Wie gaan die belangrikste in die koninkryk van die Hemel wees?” Jesus het ’n kindjie nader geroep. Hy het aan Sy volgelinge gesê: “As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die Hemel kom nie.” Matt 18:3.
Waarna het Jesus verwys? Kan dit hulle “vertroue” wees?

Kinders vertrou van nature baie maklik. As volwassenes wil ons op ons eie prestasies staatmaak. Hoe langer ons weg van God af leef, hoe moeiliker is dit om te erken dat ons God se genade nodig het. Aan die ander kant is daardie soort absolute vertroue heel natuurlik by kindertjies.

Statistieke wys dat meer as 83% Christene die besluit geneem het om Christus te volg, voor die ouderdom van 18. 17% word ná die ouderdom van 18 gered. Kinders is ’n prioriteit vir Jesus en hulle moet ’n prioriteit vir ons ook wees!

Die kindertjies is na Jesus toe gebring. Dit is wat Jesus wil hê ons moet doen. As ons hulle nie bring nie, mag hulle dalk nooit kom nie.

By Beginet fokus ons op die groei en ontwikkeling van jou kind binne die raamwerk van die gesin.

Gesinsberading

(Berading / hulp / advies)
– Pastorale berading
– Emosionele / gemoeds genesing
– Gesins terapie / berading
– Ouerskap hulp
– Huweliksberading
– Huweliksvoorbereiding
– Huweliksverryking
– Trauma berading
– Woede bestuur (Anger management)
– Doodsbegeleiding
– Lewensafrigting (Individueel & Besighede)
– Fasiliterings & opleiding (op aanvraag)
(..vir meer volledige besonderhede sien “vennote”)

 

Pieter Albertyn
(BA, BD, D.Th) Pastoral Counsellor; Life- & Business Coach; Facilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 72 018 7921
piet@coaching4enrichment.co.za

 

Marthie van Wyk
(BTh) Pastoral Counsellor; NLPLife Coach; Facilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 83 324 3869
marthie@coaching4enrichment.co.za

Sluit aan by Beginet Klub