Jou belangrikste verhouding naas God is jou lewensmaat

Maak die Here die middelpunt & Beginet saam voluit leef

Huwelik

Huweliksvoorbereiding | Huweliksverryking | Intimiteit

Beginet jou huwelik reg!

(Huweliksvoorbereiding)

Hierdie is die ideale geleentheid vir verliefdes, verloofdes en pasgetroudes. Hierdie insiggewende program gee aan paartjies ‘n voorsprong en die voordeel om te leer hoe om die huwelik reg te begin en ‘n stewige huwelik van liefde, eenheid en begrip te bou wat lewenslank volhoubaar is.

Beginet leef-jou-huwelik

(Huweliksverryking)

Beginet bied ‘n verskeidenheid gefokusde huweliksgeleenthede aan om egpare te ondersteun en te mobiliseer om aan sekere brandpunte en aspekte van die huwelik te werk en so die huwelik positief te begin leef. Deurlopende opvolg verryking is beskikbaar in die vorm van ‘n radioprogram wat gereeld uitgesaai word op radiostasies landwyd en is as potgooi beskikbaar. Die huweliksgeleenthede fokus op eerste huwelike , hersaamgestelde huwelike asook saambly verhoudings.

Soos al Beginet se geleenthede, word ook hierdie geleenthede in verskeie vorme aangebied:  van groepsverband tot massa-dagbyeenkomste of selfs in die vorm van n naweek wegbreek vir pare.

Beginet jou pad na intimiteit

(Intimiteit)

Die pad na intimiteit in die huwelik is ‘n proses wat gebou word op sekere essensiële boustene.  Vertroue, deernis en teenwoordigheid is van die kern elemente waaraan jy kan begin werk om jou verhouding ‘n intieme plek van veiligheid te maak.  Alhoewel mans en vroue neig om te verskil in hulle definiese van intimiteit is fisiese, emosionele en geestelike intimiteit alles deel van die intieme huweliksverhouding.  Gedurende hierdie proses van “ken” en  “leer ken” beweeg jy en jou lewensmaat so na aan mekaar dat geen rede vir voorgee of self-beskerming nodig is nie.  Daar is geen rede om jou maat op armlengte te hou uit vrees vir seerkry of verwerping nie.

Die woord INTIMITEIT beteken letterlik innige hartlikheid met vertrou– om dus jou hart sonder voorbehoud oop te maak binne die veiligheid waar jy die ander persoon volkome vertrou.

Huweliksberading

(Berading / hulp / advies)

– Huweliksberading
– Huweliksverryking
– Huweliksvoorbereiding
– Hersaamgestelde gesinne
– Enkelouer ondersteuning
– Ouerskap

 

Pieter Albertyn
(BA, BD, D.Th) Pastoral Counsellor; Life- & Business Coach; Facilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 72 018 7921
piet@coaching4enrichment.co.za

 

Marthie van Wyk
(BTh) Pastoral Counsellor; NLPLife Coach; Facilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 83 324 3869
marthie@coaching4enrichment.co.za

Sluit aan by Beginet Klub