Geinspireerd & Gemotiveerd

Leef-jou-enkel-lewe

Enkelpersone

Ongetroud | Geskei | Weduwee/Wewenaar

Beginet jou enkel lewe uitleef!

(Nog ongetroud)

Daar is ‘n mite wat sê dat alle goeie ouens/meisies is klaar gevat. Is dit waar? Nee, want jy is nie gevat nie, of hoe?

Jy trou dalk eendag, maar intussen is daar ook heerlike voordele aan Enkel-wees. Omhels die wipplank van Enkel-wees terwyl jy God vertrou vir jou toekoms.

Beginet leef-jou-Enkel lewe 

(Geskei / Weduwee / Wewenaar)

Sommige reken om enkel te wees is ’n siekte. Familie en vriende van enkellopendes wil gereeld weet: “Wanneer trou jy?” Om in ‘n verhouding te wees of getroud te wees, maak jou nie heel of verhewe bo mense met ‘n enkel-status nie. Ongelukkig plaas ons kultuur soveel klem daarop om in ‘n verhouding te wees of getroud te wees, dat enkel persone soms voel hulle word soos die melaatses in die Bybelse tyd behandel.

Voel jy dalk so? Nee, Beginet anders oor Enkel-wees dink en Beginet jou Enkel-wees voluit leef.

Beginet as  enkel persoon 

(Nooit getroud)

Miskien is dit beter om enkel, vervul en vol vreugde te wees as om vasgevang te wees in ’n ongelukkige verhouding.

Enkel-ouerskap

(Hulp / advies / lewensafrigting vir groei)

Nee, dis beslis nie maklik om kinders alleen groot te maak nie. Dit stel baie uitdaging maar kan natuurlik baie vervullend ook wees. Dit kan jou natuurlik ook dryf tot ‘n punt wat jy voel dat jy dit nie meer kan hanteer nie en voel asof jy gaan mal word. Hoe moet jy dan te werk gaan om die Enkel-ouerskap so goed as moontlik te hanteer? Wel, doen wat jy moet doen?  Daar is absoluut geen twyfel daaraan dat Enkel-ouerskap geweldige uitdagings aan die ouer en die gesin stel, wat baie keer saam met erge finansiële druk gepaard gaan. Daar is ook geen twyfel dat die kinders baie keer die ouer mis wat nie by hulle is nie. 

Beginet se ouerskap leiding wil juis ons Enkel-ouers ondersteun in hulle uitdagende maar tog ook vervullende en opwindende reis.

“Single – is not a status, it is a word that describes a person who is strong enough to live & enjoy life without depending on others.”

Persoonlike geneesing & Berading

(Berading / hulp / advies / lewensafrigting vir groei)

Is jy heeltemal tevrede en gelukkig in jouself, of het jy ander mense om jou nodig? Dikwels ontvlug iemand juis van hom-/haarself weg deur saam met ander te wees. Die fokus is dan op ander en nie op die self nie.

Hoe gemaklik is jy regtig met jouself? Hoe goed ken jy jouself? Het jy al deur die pyn en seer van die verlede gewerk wat jou dalk terughou in die lewe en in verhoudinge?

Sien jou Enkel-wees juis as ‘n kosbare tyd om jouself regtig beter te leer ken, om deur seer en kwessies in jou lewe te werk en jouself regtig lief te hê. Dis ‘n onbeskryflik kosbare tyd om nuwe dinge te ontdek en in jouself te groei.

Moenie heeltyd opsoek wees na iemand om jou aan te vul en heel te maak nie. As jy iemand soek om jou “’n heel en vol mens” te maak, is jy nog nie heel om mee te begin nie. As jy na iemand soek om jou heel te maak, is die kanse goed dat jy agter enige een sal aanhardloop. Moet dit nie doen nie! Moenie eers daaraan dink om agter iemand aan te hardloop nie.

Jy is kosbaar en baie spesiaal. Beginet by jouself en ontdek al die kosbaarhede en mooi eienskappe in jou.

Berading

– Pastorale berading
– Emosionele / gemoeds genesing
– Gesins terapie / berading
– Ouerskap hulp
– Huweliksberading
– Huweliksvoorbereiding
– Huweliksverryking
– Trauma berading
– Woede bestuur (Anger management)
– Doodsbegeleiding
– Lewensafrigting (Individueel & Besighede)
– Fasiliterings & opleiding (op aanvraag)
(..vir meer volledige besonderhede sien “vennote”)

 

Pieter Albertyn
(BA, BD, D.Th) Pastoral Counsellor; Life- & Business Coach; Fasilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 72 018 7921
piet@coaching4enrichment.co.za

 

Marthie van Wyk
(BTh) Pastoral Counsellor; NLPLife Coach; Fasilitator

Kontak besonderhede:
(+27) 83 324 3869
marthie@coaching4enrichment.co.za

Sluit aan by Beginet Klub