Help om 280 boere se kinders op skool te hou

Beginet Skoolfonds Projek
Maroela Media berig op 14 April 2021 as volg: Die niewinsgewende organisasie Beginet het Maandag met ‘n projek begin om skoolgeld vir 280 kinders van die Noord-Kaap in te samel. ’n Uitmergelende droogte wat nou al nege jaar lank duur het die finansiële ondergang van baie boere en landbou gemeenskappe in die provinsie beteken. Volgend Ds. Deon van der Berg, stigter van Beginet, het die nood nou veel grote geword as om net die plaashekke oop te hou. “Hierdie droogte het nou die vermoë van liefdevolle ouers weggeneem om gehalte-onderwys aan hul kinders te voorsien. Hoewel die noordelike gebied van die Noord-Kaap wel reën ontvang het, gaan die suide van die provinsie nog gebuk onder droogte.
“Die boere en hul gemeenskappe het meer as een goeie reënseisoen nodig om op die been te kom. Dit is waarom ons die Beginet Skoolfonds Projek van stapel gestuur het. Die uitdaging is om R4.9 miljoen in te samel sodat ons 280 kinders in hierdie provinsie se skoolgeld kan betaal.” Ds. Deon van der Berg, Beginet
Lees gerus die volle artikel op Maroela Media se blad. Die titel is “Help om 280 boere se kinders op skool te hou.”

Help Children to get education

R
Dedicate this Donation

Honoree Details

Select Payment Method
Personal Info

Donation Total: R750.00